PLASTON: DNS-KIND DEUR P.G. DU PLESSIS

KKNK 2018 - web images 1000x500 Die Beiteltjie 12 Plaston

Met Marcel van Heerden, Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber, Lochner de Kock, Hennie Oosthuizen, Gert van Tonder, Kosie Eloff, Johannes Slabbert, Riana Wilkens, Emgee Pretorius en Johan van der Merwe Regie: Robert Young Plaston (Grieks vir “hy wat gemaak is”) is ’n 19- jarige, beeldskone jong man wat kunsmatig deur wetenskaplikes geskep is. Hy kom op die afgeleë dorpie Aardendal aan waar hy in die gemeenskap geïntegreer word en terselfdertyd fyn dopgehou word. Hier ontmoet hy vir die eerste keer ander mense, soos die dorpsidioot, die mooi jong meisie Kotie en die predikant Genopen. Plaston is ’n wese in wie daar geen kwaad is nie, maar wat juis ’n diep begeerte het om mens te word, pyn en liefde te ervaar en probeer om bo sy programmatiese self uit te styg. ’n Professor en sy personeel hou elke beweging wat hy maak fyn dop en luister na elke woord wat hy sê. Hulle raak onthuts wanneer Plaston afwyk van sy programmatiese beheer en sy nuutgevonde vryheid besef en begin geniet. Radiodrama: 1993 /Wenner: Artes vir beste regisseur

Gratis | 80 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nelmuseum

1 April 14:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?