PIEKNIEK BY MPANDE NÉE DINGAAN

Piekniek-by-Mpande-nee-Dingaan_672x336

Musiekteater

’n NATi / Feesteforum-produksie

Met Nicole Holm, Karli Heine, Nomathamsanqa Baba, Ilana Cilliers, Ludwig Binge en Marlo Minnaar Regie: Wolf Britz Teks en verwerking: Louis Roux Musiekregie: José Dias Musiekassistent: Pierre-Arnold Theron Projeksie scenograaf: Abri de Swardt Kostuums: Izel van der Merwe Verhoogbestuurder: Danielle Louw Vervaardiger: US Woordfees

In 1988 stik die Afrikaanse establishment in hul koffie oor die omstrede kabaret Piekniek by Dingaan, ’n seminale protesstuk wat die Afrikaanse kunstelandskap ingrypend verander. Heilige koeie is geslag, bloed het gevloei. Die kleinkinders van Verwoerd het ’n vet middelvinger gewys vir die safaripak-en-grys-skoen-brigade en die tannies met die gedoende hare – die naaste wat wit Suid-Afrika ooit aan seks, drugs en rock en roll gekom het. Vandag is Suid-Afrika ’n ander land. Of is dit? Bloed vloei steeds. Heilige koeie is dik gevreet en onverstoord in die “groen, groen land van Natal”. ’n Nuwe generasie protesteer, terwyl die klippe reën in Braamfontein.

Afrikaans | Geen | o/16 | G S D | R125 | 90 min. | Gimsaal

8 April 19:30 | 9 April 12:30 | 10 April 16:00 | 11 April 09:00 | 12 April 09:00 | 13 April 16:00 | 14 April 16:00 | 15 April 16:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?