My Passie vir Jesus

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-my-passie-vir-jesus

Mimiek

Met John Jacobs Teks: John Jacobs en Frans Swart Regie: Frans Swart Klankbaan: Gustav van Rooyen Vervaardiger: Lefra Produksies

Die naam John Jacobs is welbekend in Suid-Afrika as ’n Franse mimiekmeester. In Parys, Frankryk, staan hy bekend as die klein duiweltjie en is ’n gerekende mimiekkunstenaar. Hy is ’n gebore Suid-Afrikaner en die enigste Suid-Afrikaanse mimiekmeester in die Marcel Marceau-tradisie van klassieke mimiek. Hy is terug in Suid-Afrika met dié produksie waarmee hy sonder woorde, met slegs beweging en uitdrukkings, gehore betower. Volgens John is ware mimiek die siel van die uitvoerende kunste. “Dit is waarom my gehore hulle totaal aan die wonderlike kuns van mimiek oorgee, as hulle lag, dan skater hulle en as hulle huil, sien jy trane vloei.” John vertel op aangrypende wyse sy eie storie met die kuns van mimiek en ook die besondere verhaal van Jesus van Nasaret – sy lyding, sterwe en opstanding.

Afrikaans • Gesin | R120 | 75 min. | Laerskool Wesbanksaal

11 April 11:30 | 12 April 09:00 | 13 April 17:30 |  14 April 11:30 | 15 April 14:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?