Oudtshoorn Munisipaliteit

alle feesgangers en deelnemers in die Klein Karoo. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en Oudtshoorn is so eie aan mekaar dat dit in al een asem gesê kan word. Daarom is ons so trots daarop om met een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstefeeste geassosieer te kan word.

 

As ’n nuwe administrasie het ons ’n nuwe visie vir ons dorp ontwikkel: “Vooruitgang vir almal.” Ons is trots om te sê die KKNK doen geweldig baie in die bevordering van dié visie.

 

Oudtshoorn is sinoniem met toerisme, sport, kuns en kultuur. Ons moedig dus feesgangers aan om die verskeidenheid van toeristebestemmings te verken, so tussendeur al die bedrywighede, en om elke oomblik in die Klein Karoo ’n onvergeetlike belewenis te maak.

 

Oudtshoorn ondersteun die KKNK ten volle en wil alle borge en vennote bedank wat deel is van die fees. Ons is ’n vriendelike en gasvrye dorp en verwelkom u met ope arms. Geniet die KKNK en word “kunskierig”!

 

Colan Sylvester

Uitvoerende burgemeester: Groter Oudtshoorn-munisipaliteit

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?