Opwindende Nuwe Geleentheid vir Skrywers

teksmark

Alle Suid-Afrikaanse skrywers word uitgenooi om nou voorstelle in te dien om aan Kunste Onbeperk se vars en opwindende vertoonkas vir nuwe Afrikaanse verhoogtekste deel te neem.

“By ons nuwe Teksmark kan skrywers die verhoogmatigheid van nuwe verhoogtekste toets en, met terugvoer van rolspelers in die bedryf, voltooi of afrond,” vertel Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk. Hierdie inisiatief word ondersteun deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATI) en die Baxter Teatersentrum.

Volgens Hugo Theart, kreatiewe hoof van Kunste Onbeperk, het skrywers tot Maandag, 12 September 2016 om voorstelle elektronies in te dien. Voorstelle word dan tot ’n leesteaterprogram verwerk, wat vroeg in November by die Baxter Teatersentrum in Kaapstad aangebied word.

“Skrywers kry by die Teksmark die geleentheid om met verteenwoordigers van teaters, feeste, vervaardigers en ander moontlike beleggers oor hul teks-idees te gesels en selfs te onderhandel oor moontlike belegging in – en verdere ontwikkeling van – hul tekste”, verduidelik Theart.

Tekste, in alle Suid-Afrikaanse tale, wat nog nooit voorheen professioneel opgevoer is nie, kan ingeskryf word, solank die skrywer inwillig dat die teks in Afrikaans vertaal mag word. “Die doel van die Teksmark is om broodnodige ontwikkeling van – en ondersteuning aan – die skryf van goeie nuwe teatertekste te stimuleer, om afgeronde en geslypte tekste vir toekomstige opvoerings te bied”, sê Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATI.

Voorstelle moet teen Maandag, 12 September 2016 elektronies aan Linda Marques, programbestuurder van Kunste Onbeperk, by [email protected] gestuur word. Alhoewel volledige tekste verwelkom word, word opvoerbare uittreksels van ten minste 10 minute ook oorweeg. Meer inligting en riglyne is beskikbaar by www.kunste.org.za/teksmark/. Navrae kan gerig word aan Marques of Faasen by [email protected].

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?