Opwindende musiekproduksies debuteer by die 23ste KKNK

Die artikel in Afrikaanse Musiek Nuus, wat op 31 Januarie 2017 verskyn, vertel lesers van die vele musiekproduksies wat by die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees debuteer.

“Die program van die 23ste KKNK beloof vanjaar ’n belewing vir almal, met opwindende debuutwerk in alle genres en gewilde produksies van ander speelvakke wat vir die eerste keer in die Klein Karoo te sien is.” Só sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word.

Daar is 12 debuut musiekproduksies. Karen Zoid en die Gereformeerde Blues Band trek ’n kontemporêre baadjie vir die monumentale Eet Kreef-album aan. Coenie de Villers en sy musikante bring in Karoo Suite komposisies van sy nuwe album na die verhoog en ’n splinternuwe komposisie, die Karoo Suite word vir die eerste keer gehoor. Spanningsverhaalskrywer Deon Meyer stal van sy ander talente uit as deel van die produksie en help met lirieke en van sy asemrowende fotografie vorm deel van die Karoo-viering. In ’n nostalgiese reis, sorg Emo Adams, Bobby van Jaarsveld en Katlego Maboe dat ikoniese Afrikaanse musiek opgetof word in Karoo Swing.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?