Opwindende debuutwerke by 23ste KKNK in April

Die artikel wat op 3 Februarie in Die Hoorn verskyn, gee ’n oorsig van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en die debuutwerke waarna gaste by die fees kan uitsien.

“DIE program van die 23ste KKNK beloof vanjaar ’n belewing vir almal, met opwindende debuut­werk in alle genres en gewilde produksies van ander speelvakke wat vir die eerste keer in die Klein Karoo te sien is.” Só sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word.

Sewe dramas debuteer hier en sluit kontempo­rêre en klassieke werke in. Hulde word met Asem aan skrywer Reza de Wet gebring, wat op Vrydag, 27 Januarie 2017 vyf jaar gelede oorlede is. Asem is ’n vertaling van De Wet se Breathing In, onder regie van Marthinus Basson en met Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt in die rolverdeling. Asem speel af in die laaste dae van die Suid-Afrikaanse oorlog en De Wet verweef die verhaal van liefde digterlik en kragtig in ’n tyd van vernietiging, wat die alledaagse verander in die uitsonderlike.

Buite Land is die nuutste drama uit die pen van multi-bekroonde teatermaker en skrywer Neil Coppen, met Jacques Bessenger in die hoofrol. Veteraan-aktrise Elize Cawood, vertolk die rol van sy ma. Saam met hulle op die verhoog is Kopano Maroga, Mpume Mthombeni en Marvin-Lee Beukes. Die stuk fokus op die verstrengelde lewens en drome van twee Suid-Afrikaanse mans uit konserwatiewe gemeenskappe wat probeer om, weg van die kulturele, historiese en geloofsbande wat hulle tot hul verlede bind, ’n bestaan te maak.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?