OP MY EISH!

Op-my-eish

Komedie

Met Neels van Jaarsveld Teks en regie: Neels van Jaarsveld Musiek: Ryno Velvet Multimedia: Gillian Coetzee Klank- en beligtingassistent: Jeanne van Jaarsveld Vervaardiger: Caesarosy Produksies

Al ooit gewonder hoe dit moet voel om oornag volksbesit te word? Om in ’n oogwink te gaan van ’n klein paddavisvangende Kuilsrivier-seuntjie tot ’n huishoudelike naam? Neels van Jaarsveld word tans as een van Suid-Afrika se veelsydigste akteurs beskou. Innoverend. Inspirerend. Fassinerend. Wille tye. Warreltye. Hou verbye. Introspeksie. Min direksie. Baie direksie. Narkolepsie. Mylpale. Vol sale. Bondig. Boeiend. Bindend. As akteur in Jagveld, Vir die voëls, Die rebellie van Lafras Verwey, ’n Man soos my pa, Knysna, Bloedbroers, Fluiters, Getroud met rugby, Binnelanders, Boks, Die goue seun en Innierof bied Van Jaarsveld aan jou ’n backstage pass na die beste en snaaksste stories van sy lewe, die vermaaklikheidsbedryf en sy kinderdae. Dinamiet kom immers in klein pakkies. ’n Outobiografiese tuimeltrein, gebaseer op ’n ware verhaal. Om die waarheid te sê, dis heel moontlik alles die waarheid. Ondersteun deur Buffelsfontein Baard-olie en Jimmy’s Sauces.

Afrikaans • Gesin
R125 (R140 by die deur) | 55 min. | kykNET Hoërskoolsaal

3 April 18:00; 4 April 18:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?