Ooms

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-ooms

Komedie

Met Tobie Cronjé en Gerben Kamper Regie en teks: Chris Vorster Verhoogbestuurder: Esté Strydom Produksiehuis: GZ Productions

Tobie Cronjé en Gerben Kamper is twee knorrige ooms wat tot hul spyt saam in ’n ouetehuis beland. Maar hierdie is nie ’n gewone ouetehuis nie, dis eerder ’n tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het, of uit ander instansies geskors is. Dié tehuis is op ’n luukse landgoed, iewers in die Kaap langs die see. Dit is omhein soos ’n tronk met wagte en selfs honde. Al hoe jy “vrywillig” hier uitkom, is in ’n doodskis. Pierre (Cronjé) is al ’n hele ruk hier en het al ’n paar keer probeer ontsnap. Hy is die swartskaap en word deurgaans dopgehou. Frans (Kamper) het pas daar aangekom, glo geskors uit Huis Silwerkruin, oor sy onhebbelike gedrag. Nóú begin die poppe dans. Die ooms stamp uit die staanspoor kop, maar besef gou dis nie “ons teen mekaar nie”, maar eerder “ons teen die kinders”. Hierdie ooms sal nét mandjies vleg en tolletjie brei as dit deel is van ’n indrukwekkende ontsnappingsplan. Hulle het nog lank nie boedel oorgegee nie. Die ooms is snaaks, slim en klaar gepraat. Bekroon as die gewildste produksie by Innibos en uitverkoop by die Vrystaat Kunstefees en Aardklop.

Afrikaans • Geen o/14 T | R120 | 70 min. | Hoërskoolsaal

8 April 16:30 | 9 April 09:00 | 10 April 13:00 | 11 April 16:30 | 12 April 20:00 | 13 April 09:00 | 14 April 13:00 | 15 April 13:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?