Oom Jans Rautenbach oorlede

jans

Ons neem met groot hartseer afskeid van Jans Rautenbach. Ons sal hom altyd onthou vir die sleutelrol wat hy in die vergestalting van die KKNK, as ’n verwelkomende tuiste vir Afrikaanses, gespeel het. Gedurende sy termyn as voorsitter (2000 tot 2001) het ons vir oud-president Nelson Mandela op Oudtshoorn verwelkom.

Dit was onder sy leiding dat die KKNK gevestig is as ’n leefstyl-ervaring, met grensverskuiwende produksies en uitstallings. Na sy uittrede as voorsitter het hy as ’n ere-direkteur betrokke gebly. Rus sag oom Jans.

Baie dankie dat jy ons geleer het om te droom én gewys het hoe om drome te bewaarheid. Die passie waarmee jy by dit wat jou hartsnare geroer het betrokke geraak het, sal ons altyd bybly. Ons harte gaan uit na Almeri, Andri, Erika, Gert, Emil en hul gesinne.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?