Ons is opgewonde oor Refentse Morake

Die volgende artikel wat op 30 Januarie in Sarie verskyn, vertel lesers meer oor Refentse wat in 2016 landwyd bekend geword het en ook by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2017 gaan optree.

Dié jong man gaan van krag tot krag.

Wees op die uitkyk vir hom by vanjaar se KKNK, waar hy in 2016 landwyd bekend geword het. Hy het op die sypaadjie kitaar gespeel en gesing toe die rocker Karen Zoid hom nooi om saam met hom te sing. Hy kon sy geluk nie glo nie … en sê hy knyp homself nou nog soms.

Die res is geskiedenis: Refentse het sy eerste CD, My hart bly in ’n taal, verlede jaar uitgereik − en dit het trippel goue status bereik!

En vanjaar wil hy einde April sy tweede CD, ook in Afrikaans, uitreik. Dit het nog nie ’n naam nie, maar sal uit vyftien liedjies bestaan. En dit is baie in die styl van sy eerste album, beloof hy.

“Ek sien baie uit na die KKNK, want dit is waar ek my eerste platekontrak losgeslaan het. Ek kan ook nie wag om na die ander kunstenaars se vertonings te kyk en die verhoog met hulle te deel nie.”

 

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?