‘Ons mag lê in die alternatief’

Op 14 April op Netwerk24 skryf Alida Kok, politieke dosent aan Unisa, oor die atmosfeer van “outomatiese inklusiwiteit” by vanjaar se KKNK.

Vandeesweek skryf ek van Oudtshoorn, waar die Klein Karoo Na­sionale Kunstefees (KKNK) tans plaasvind. Hier is die mense en Afrikaans anders as in die noorde. Mense is gesellig, lag en gesels maklik met mekaar, bied uit eie inisiatief hulp aan en Afrikaans wat oor en weer tussen bruin en wit mense gepraat word, is nie ’n vloektaal nie.

As Gautenger moes ek hier gou leer dat die mens wat voor my staan heel moontlik Afrikaanssprekend is en dat dit nie nodig is vir my om in Engels te praat met mense wat ek nie ken nie. Ek het ook besef dat om Afrikaans te praat met ’n bruin of swart mens my nie hier demoniseer nie.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?