ONS DORP DEUR THORTON WILDER

KKNK 2018 - web images 1000x500 Die Beiteltjie 11 Ons Dorp

Met Johan van Jaarsveld (as die toneelmeester), Limpie Basson, Isabella Bosman, Dawie Maritz, Christine Liebenberg, Stanley Nel, Pieter Cillié, Johan Botha, Marko van der Colff, Jurie Hanekom, Albert Maritz, Phillip du Plessis en Dorothea van Schalkwyk Regie: Suzanne van Wijk Die Amerikaanse dramaturg Thornton Wilder se Our Town is vanjaar 81 jaar oud en is in 1938 met die Pulitzer-prys vir drama bekroon. Dié immergroen verhaal handel oor die mense van Grover’s Corners in New Hampshire. Die luisteraars volg die Gibbs- en die Webb-gesin oor ’n tydperk van twaalf jaar; deur hul alledaagse lewe, liefde en trou tot en met die dood en ewigheid. Deur die geliefdes Emily en George, hul sterk en liefdevolle ouers, asook die vele ander plaaslike mense lewer Wilder universele waarhede oor wat dit is om mens te wees. Propvol humor en spitsvondigheid is Ons dorp steeds een van die mees opgevoerde, tydlose en klassieke verhoogdramas. Radiodrama: 1977

Gratis | 85 min. | N.A. Smitkamer, C.P. Nelmuseum

1 April 16:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?