Nuwe amptelike bier by KKNK 2017

CASTLE

Alles kom bymekaar met ’n Castle

 

Castle Lager is ’n bier wat goeie vriende bymekaarbring vir ’n heerlike tyd. Dít is juis wat feesgangers vanjaar by die KKNK se watergate kan verwag.

“Een van Suid-Afrika se mees geliefde biere Castle Lager, is vir die eerste keer sedert 2009 die KKNK se eksklusiewe bier en ons weet dit gaan bydra daartoe dat feesgangers ’n heerlike KKNK beleef,” sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word. “ ’n Yskoue Castle Lager is die perfekte lafenis op ’n warm Klein Karoo-dag,” sê sy.

Volgens Riaan van Jaarsveld, streekbestuurder van gebeurtenisse in die Oos- en Suid-Kaap vir SAB Beperk – deel van die AB InBev-groep, is hulle opgewonde om by die KKNK betrokke te wees. “Die hoeksteen van Castle Lager is goeie bier wat deur goeie vriende geniet word om goeie tye te ervaar en hierdie beginsels is perfekte pasmaats vir die KKNK,” sê hy.

Volgens Van Jaarsveld is Castle Lager beskikbaar by al die feeskroeë in die Rivierbuurt, asook die ander amptelike feesareas. “Kom deel ’n Castle en geniet goeie tye by hierdie jaar se KKNK.”

Geen alkohol is te koop aan persone onder die ouderdom van 18 jaar nie.

Die volledige feesprogram is hier beskikbaar. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word.

Verblyfbesprekings kan aanlyn gedoen word, of kontak 044 203 8600. Die feesdatums val binne die nasionale skoolvakansie en eindig oor Paasnaweek.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?