Netwerk24 Feeskafee dié tuiste vir Stand-up komedie!

KKNK-2018-web-images-1000x500-Stand-up-met-Schalk

Feesgangers by vanjaar se KKNK kan tydens die Paasnaweek uitsien na drie aande van Stand-up komedie deur van Suid-Afrika se topkomediante.

Netwerk24 se Feeskafee speel op Vrydag 30 Maart, Saterdag 31 Maart en Sondag 1 April gasheer met onder andere Shimmy Isaacs, Schalk Bezuidenhout, Hannes Brümmer, Melt Sieberhagen en Mojak Lehoko. (Loyiso Madinga moes helaas onttrek weens familieverpligtinge, maar Mojak Lehoko kon gelukkig in beseringstyd betrek word.)

Elke aand tree drie komediante om 21:00 op. Ná die vertoning is dit tyd vir musiek en kuier tot laat in Laatnag.

Die drie aande se vertonings is as volg:

Vrydag 30 Maart: Shimmy Isaacs, Schalk Bezuidenhout en Hannes Brümmer

Saterdag 31 Maart: Schalk Bezuidenhout, Melt Sieberhagen en Shimmy Isaacs

Sondag 1 April: Hannes Brummer & Melt Sieberhagen, Mojak Lehoko en Schalk Bezuidenhout.

Schalk Bezuidenhout is een van Suid-Afrika se gewildste jong komediante en akteurs en tree al sedert 2015 elke jaar op by die KKNK – met sy eerste Afrikaanse eenmanvertoning hier het hy ’n Kanna gewen. Shimmy Isaacs is deesdae ’n bekende gesig op televisie en is ook ’n Kanna-wenner én ’n wenner van ’n Fiësta. Hannes Brümmer is ’n gevestigde akteur en as komediant veral bekend vir sy briljante improvisasiewerk. Melt Sieberhagen is ’n akteur en komediant wat al diep spore getrap het in plaaslike stand-up – hy is ook deesdae die stem van Pasella. En Mojak Lehoko was al vir ’n Emmy genomineer vir sy komedie-skryfwerk en is een van Suid-Afrika se mees gesogte komediante.

“Dit is wonderlik om betrokke te wees by stand-up komedie by die kunstefeeste,” sê die vervaardiger, Erns Grundling. “Stand-up het beslis ’n plek as ’n nodige genre by ons feeste, aangesien die komediante dikwels vlymskerp sosiale kommentaar lewer oor die lewe en die land waarin ons leef. Ek is baie opgewonde oor Netwerk24 se Feeskafee as ’n nuwe tuiste vir stand-up en ek hoop die gehore woon die vertonings by in groot getalle.”

Kom sluit dus jou dag af met skaterlag by Netwerk24 se Feeskafee. Kaartjies kos R130 (R140 by die deur) en is beskikbaar by Computicket.

Kontak Erns Grundling by katvis22@gmail.com of 076 971 0206 vir onderhoude en medianavrae.

Mojak Lehoko resizedMelt Sieberhagen resizedShimmy Isaacs resizedHannes Brummer resized

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?