MOORD IN IXIASTRAAT – ’N BAL-OOG-EN-BROMMEL-AVONTUUR

Moord-in-Ixiastraat-(3)-1000x500

Drama

Met Richard September en De Klerk Oelofse Regie: Gideon Lombard Teks: Sjaka S. Septembir Ontwerp: Isabelle Grobler Musiek: Gertjie Besselsen Fisiese teater (oorsigtelik): Sjaka S. Septembir Kostuums: Lindi Smit Vervaardiger: YOW

Wie het Kobus vermoor? Wat sit agter die moord?
Bal-oog en Brommel stel ondersoek in. Boltjie – Bal-Oog se hond – kry snuf in die neus en meteens bevind hul hulself in ’n skreeusnaakse en opwindende avontuur. So raak hulle verstrengel in die skaduwêreld van Milnerton se skurke.
Om sake verder te kompliseer, is Bal-Oog dolverlief op Anja – die vermoorde Kobus se meisie. En dan is daar die geheimsinnige bak. Hou dit verband met Kobus se moord? Dit alles terwyl Bal-Oog en Brommel net wil vakansie hou en musiek maak.
Moord in Ixiastraat is Bal-Oog en Brommel se eerste speuravontuur.

Afrikaans • Gesin | R125 (R140 by die deur) | 75 min. | Griesselsaal

29 Maart 16:00; 30 Maart 18:30; 31 Maart 20:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?