Mimiekmeester John Jacobs by KKNK

 

Op 9 April berig Netwerk24 oor die mimiekmeester, John Jacobs. Die Suid-Afrikaans gebore Franse mimiekmeester, John Jacobs, is terug in sy geboorteland om by die jaarlikse KKNK op te tree in ’n splinternuwe Paasfeesproduksie, My passie vir Jesus.

John Jacobs was jare lank die voorloper in sy pa se Klopse Troep in Distrik Ses en kon van kleintyd al baie goed dans. Vanweë sy besondere danstalent het prof. Mavis Taylor van die Universiteit van Kaapstad (UK) John raakgesien en vir hom ’n dansbeurs by ’n dansskool in Parys, Frankryk, gereël.

John het as 14-jarige in Parys aangekom en hom aangemeld by die adres wat hy gedink het die dansskool is. Later sou hy uitvind hy was by die verkeerde skool. Dit was die mimiekskool van die wêreldbekende Marcel Marceau. Marceau was egter beïndruk met Jacobs se bewegingsvermoë en sy natuurlike aanvoeling vir mimiek. Hy het op die daad met die dansskool in verbinding getree en ’n oorplasing vir Jacobs na sy skool aangevra.

Marceau het die Suid-Afrikaner onder sy vlerk geneem en hom die kuns van klassieke mimiek geleer. Ná vele jare betoon hy Jacobs die besondere eer om hom amptelik die titel van mimiekmeester toe te ken.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?