MIKE & MAVIS

Mike-&-Mavis

Komedie

Met Elize Cawood en Wilson Dunster Regie: Gerrit Schoonhoven Teks: Wessel Pretorius Vervaardigers: Elize Cawood en Wilson Dunster

Mavis Kellerman, ’n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld – behalwe vir haar kommunikasie per e-pos met haar dogter en haar weeklikse kerkdiens – ontvang eendag ’n uitnodiging in die pos vir die opening van ’n nuwe bioskoop wat klassieke rolprente vertoon. Die eienaar, Mike Lewis, is ’n eksentrieke oujongkêrel met ’n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te wen en bevind haarself aan die ontvangkant van ’n vryery in haar herfsjare wat afspeel oor ’n reeks romantiese afsprake. Wat sy egter nie weet nie, is dat sy en Mike ’n geskiedenis deel wat lank voor die uitnodiging begin het … ’n Romantiese komedie wat jou ’n knop in die keel sal gee.

Afrikaans en Engels • Gesin | R135 (R150 by die deur) | 60 min. | Laerskool Van Reede

29 Maart 11:00; 30 Maart 15:00; 31 Maart 13:00; 1 April 20:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?