In memoriam: P.G. du Plessis

PG DU PLESSIS WEB

IN MEMORIAM:
P.G. du Plessis is op 7 Junie, op die ouderdom van 82, oorlede.

Hy was een van die mees veelsydige Suid-Afrikaanse skrywers. Sy dramas Siener in die Suburbs en Nag van Legio het aan hom die Hertog-prys vir drama in 1972 besorg. Hierdie dramas en ook ’n komedie soos ’n Seder val in Waterkloof is deel van ’n klassieke skatkis van Suid-Afrikaanse teater. Koöperasiestories, ’n klassieke TV-reeks uit sy pen, is een van die mees suksesvolle en geliefde reekse wat vir Suid-Afrikaanse TV vervaardig is. Meer onlangs was daar die uiters suksesvolle TV-draaiboek, Fees van die ongenooides, wat ook as roman uitgegee is en verskeie pryse ontvang het. Daar is ook ’n filmdraaiboek, Nag van die 19de. En wie sal ooit die plesier van sy stories en grappe in Spies en Plessis vergeet?

Ons het ’n literêre stem verloor, maar sy nalatenskap is van onskatbare waarde en Du Plessis sal voortleef deur sy stories en woorde.

Ons innige meegevoel aan sy vrou, kinders, familie en vriende.

Klik hier om meer te lees.

Klik hier om meer oor sy nalatenskap te lees. 

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?