MEDIA 24

KKNK-2017-sponsors-web-Borgeboodskappe-fotos-250x250-Media24

Ons vier weer fees in die Klein Karoo! Baie welkom aan almal wat die pad Oudtshoorn toe gevat het vir die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees. As trotse stigtersborg is hierdie fees beslis een van die hoogtepunte op ons kalender en ons sien uit daarna om met julle te kuier. Benewens die magdom fantastiese produksies, musiek en kuns wat feesgangers elke jaar na Oudtshoorn laat stroom, is dit ’n kans vir Media24 om bietjie skouers te skuur met ons lojale Afrikaanse gehoor. Kom loer gerus in by ons Feeskafee op die hoek van Baron van Reedestraat en Voortrekkerweg – al jou gunsteling-Afrikaanse publikasies is daar, asook die span van VIA, ons Afrikaanse leefstylkanaal op DStv. Geniet puik musiek onder die sterre met die Huisgenoot-opelugkonserte, elke aand in die Rivierbuurt. Kunstenaars soos Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld en Dr. Victor and the Rasta Rebels is net ’n paar van die groot name wat julle elke aand sal vermaak. En Krit, ons feeskoerant wat vanjaar 21 word, hou jou oudergewoonte op die hoogte van alles by die fees. Geniet die fees, kuier saam met ons, en kom ons maak vanjaar se KKNK een vir die boeke.

Esmaré Weideman
Uitvoerende hoof: Media24.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?