‘Mahola is inderdaad wêreldklas’

mahola

Ilza Roggeband

Die vroue van musiek is in twee Rok en rol-konserte deur Zolani Mahola vereer en dit was ’n huldiging wat beslis die moeite werd was om na te luister.

Die musiekregisseur was Schalk Joubert en hy het nie net van die grootste liedjies wat al ooit deur vroue gesing is deel van die konsert gemaak nie, maar ook ’n bindingsteks geskryf wat meer oor die kunstenaars en musiek vertel het.

Mahola is begelei deur Joubert (baskitaar), Albert Frost (kitaar) en Kevin Gibson (tromme). Die klank was met tye te hard en die klankman kon dalk die krane ’n bietjie toegedraai het, maar Mahola se vertolkings het opgemaak vir die effense ongemak van die klank.

Die keuse van musiekproduksies is ongelukkig oorgeneem deur ’n debat (begin deur Deon Maas) wat seker nodig is, maar dit is jammer dat ’n kunstenaar soos Mahola daarby ingesleep is en nie die erkenning en ondersteuning gekry het wat sy verdien nie. Die KKNK verdien ’n pluim in hul hoed vir die wye verskeidenheid musiek wat beskikbaar was en dat hulle ’n produksie soos Rok en rol ondersteun het. Mahola is inderdaad wêreldklas.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?