Maakit Mooi

resize-16

Aangebied deur Absa

Kurator: Dr. Paul Bayliss Medium: Funksionele kunswerke

Absa bring weer eens kuns na die hart van Oudtshoorn met ’n aantal “funksionele” kunswerke wat oor die dorp heen geïnstalleer word om die dorp se status as ’n Suid-Afrikaanse “kunstuiste” te vier. Absa L’Atelier-kunstenaars, onder leiding van dr. Paul Bayliss, Absa se kuns- en museumkurator, het saamgewerk om die kragtige, funksionele kunswerke lewe te gee – geskoei op die tema van 2018 se L’Atelier-veldtog: “Gee kuns lewe.” Dié skouspelagtige werke, wat ʼn vermenging van vorm en funksie insluit, is op aangewese plekke in en om Oudtshoorn te vinde om kunshulde aan die dorp te bring vir sy rol in die ontwikkeling van die kunste. Absa en feesgangers “maakit mooi” vanjaar! Feesgangers word ook genooi om aan die mooimaak van ’n bykomende kunswerk, in die vorm van verfkuns voor Oudtshoorn se openbare biblioteek, deel te neem. Dr. Bayliss bied by vanjaar se fees begeleide kunstoere aan, en besoek dié installasieterreine om besoekers ’n rare blik te gee op die kreatiewe prosesse agter die ontwikkeling en skepping daarvan. Die begeleide kunstoere sluit talle verrassings in, onder meer egte Karoo-happies, gratis WiFi-toegang en koue water, asook intieme gesprekke met die bekende Suid-Afrikaanse akteur, vervaardiger en aanbieder Hannes van Wyk, in die nuwe Absa Rooiplein. Die kunstoere met dr. Bayliss begin daagliks om 08:45, met die Absa Rooiplein as vertrekpunt.

Gratis | 90 min. | Absa Rooiplein

Daagliks 08:30 tot 10:30

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?