Leerderprojek

Lumico-Adacemy-Web-Banners-KKNK

Digitale opleiding vir leerders by die KKNK

KKNK tesame met hul digitale vennoot, Lumico, bied aan leerders die geleentheid om meer oor die vinnig veranderende digitale-sektor te leer. Leerders gaan nie net leer hoe om hul eie sosiale media te onderhou nie, maar ook oor hoe om digitale media doeltreffend te bedryf sodat hulle ook sakgeld daaruit sal kan maak.

500x400-01


Alles wat jy móét weet van sosiale media

Die kursus se hooffokus is die gebruik van die verskillende sosiale media-platforms. Die opstel van amptelik profiele op Facebook, Twitter, Instagram, YouTube, Meerkat en Wechat is eerste op die program. Daarna, word daar gefokus op die skryf van sosiale media, met tyd wat spandeer word aan hoe kopie op die verskillende platforms moet verskil. Verder, word daar ook handige foto- en video-wenke vir jou selfoon gedeel.


Hutsmerke orals!

Hutsmerke is ’n integrale deel van meeste sosiale platforms. In dié kursus word leerders gewys hoe om hul slimfone in ’n nuuskantoor, radio-stasie en TV-kanaal te omskep, maar ook oor hoe om ’n veilige aanlyn-teenwoordigheid te handhaaf. Verder, word studente ook toegerus met die nodige kennis om te verseker dat hul plasings ’n netwerk-effek bereik. Alles rondom hutsmerke en ander ‘tags’ word ook in-diepte bestudeer.

500x400-Hashtag
500x400-Website


Ontwerp jou eie webtuiste

Handige vaardighede, soos hoe om ’n WordPress-webtuiste aanmekaar te sit, hoe om op hoogte te bly van digitale media en die basiese beginsels vir enige digitale-projekte vorm ook deel van die kursus. Leerders sal na aanleiding van hierdie kursus ’n holistiese oorsig oor die digitale sfeer hê en ook kennis dra van hoe hul sakgeld uit sosiale media kan genereer.

LogoMTN
LogoCheckers
LgoMI

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?