KYKNET

KKNK-2017-sponsors-web-Borgeboodskappe-fotos-250x250-kykNET

Die KKNK was nog altyd ’n bestemmingsfees. Die karakter van die Klein Karoo en sy omgewing is uniek, wat uit die staanspoor ’n ideale wegspringplek vir die moederfees van die Afrikaanse kunstefeeste was. In ’n tyd waar tegnologie die individu se ervarings op ’n daaglikse basis oorheers, is daar ’n behoefte vir ’n gesin of vriende aan ’n besondere gedeelde belewenis van vermaak in lewende lywe.  Tyd het ’n relatief rare kommoditeit geword, want resultate word onmiddellik verwag en die wêreld is net ’n sigblad ver. Internasionale en plaaslike inhoud is op verskeie digitale platforms beskikbaar om te geniet wanneer dit jou pas. Die verhoog, oftewel die op-dieplanke-platform, is ’n unieke ervaring en bly uitsonderlik vir die kunstenaar, die kyker en gehoor, omdat dit ’n afspraak is met ’n unieke ervaring. Sir Lawrence Olivier het een aand ná een van sy briljante vertolkings en uitgerekte staande toejuigings in die kleedkamer in trane uitgebars, nie omdat hy aangedaan was oor die toejuigings nie, maar omdat hy voor dié uitdaging gestaan het: Hoe gaan hy dit die volgende aand weer vermag? Ons land se Afrikaanse kunstefeeste bied elk hul eie unieke ervaring, omdat dit ’n verskeidenheid van uitinge en tasbare ervarings tussen en saam met ander bied.  Vir kykNET is dit belangrik om hierdie ervarings met al ons kykers te deel en saam met hulle te beleef. Kyk uit vir ons in Baron van Reedestraat en kom kuier saam by die kykNET-verhoog wat, soos elke jaar, ’n verskeidenheid van die beste musiekvermaak in die Rivierbuurt aanbied. Moet ook nie ons spesiale Jukebox-konsert op 14 April in die Rivierbuurt misloop nie. Kom gesels saam en koester die dinge wat vir ons almal na aan die hart lê.

Karen Meiring
M-Net-direkteur: Afrikaanse kanale 

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?