KYK UIT VIR DIE STOELE

Die-Stoele-

Twee ou mense, opgewonde, in afwagting van hul groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar reeds poets, op genooides gaan loslaat. ’n Toestroming van gaste uit alle vlakke van die samelewing, waaronder die president, maak hul opwagting by die vuurtoringhuis op ’n afgesonderde eiland.

Om almal te akkommodeer verg stoele en nogmaals stoele. Maar die gaste is onsigbaar. En die ou man kan nie self sy boodskap oordra nie. Hy het iemand gekry om namens hom te praat. Dié produksie huldig Tobie Cronjé, wat vanjaar die Kunste Onbeperk-prys vir Lewensbydrae tot die Kunste ontvang. Gratis gesprek met die geselskap ná vertoning.

MET Tobie Cronjé en Grethe Fox REGIE, ONTWERP EN VERTALING Marthinus Basson TEKS Eugène Lonesco PRODUKSIEBESTUURDER EN BELIGTINGSONTWERP Chris Pienaar VERVAARDIGER Kunste Onbeperk

30 Maart 16:30 Afrikaans Geen o/10 OB | R135 (R150 by die deur) | 90 min. | SANW-ouditorium

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?