Kunste Onbeperk se eerste teksmark ’n sukses

kunste-se-teksmark

Die eerste teksmark van Kunste Onbeperk in Kaapstad het behoorlik gebruis. Dit was soos ’n sjampanjeprop wat afgeskiet het nadat die bottel goed geskud is. Die borrels het op almal gespat en jou sommer lighoofdig opgewonde gemaak.

Dis aangebied deur Kunste Onbeperk, ondersteun deur Nati (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief.

Nati het Die dans van die watermeid gekies uit die 14 tekste wat aangebied is om verder te ontwikkel tot ’n produksie. Die skrywer is die 26-jarige Amee Lekas van Willowmore. Gemeet aan die reaksie van almal by die teksmark is dit ’n gewilde keuse met ’n ernstige tema (verkragting), wat op ’n magiese en verbeeldingryke manier uitgebeeld word met die mitiese half-mens, half-dier meerminkarakter, die watermeid.

Johan van Lill, van RSG het uitgevind waaroor dié projek gaan.

Luister na die potgooi hier: 

      Teksmark - RSG

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?