KKNK-2018-web-header-Kuierbuurt

PRIKKEL JOU KUNSKIERIGHEID IN DIE NUWE KUIERBUURT

PRIKKEL JOU KUNSKIERIGHEID in die nuwe Kuierbuurt met hope vermaak vir die hele gesin. Aktiwiteite vir die jongspan is volop met teater in verskeie genres, voorlesings uit kinderboeke en hope ander pret by die ATKV-Speelbos. Ontspan by Liplekker met sy heerlike deli-produkte en wyn wat geproe kan word, asook by ander kroeë en rusareas.

Die musiekprogram skop om 12:00 op die Castle Lager-verhoog af en eindig om 18:00, wanneer ons na die Huisgenoot-verhoog skuif.

Die aandprogram op die Huisgenoot-verhoog word in die formaat van piekniek-ervarings aangebied.

Bring jou eie stoel en kombers en geniet die musiek onder die Klein Karoo-sterreprag. Kuier lekker terwyl van ons land se topkunstenaars en nuwe stemme jou vermaak.  Na die aandkonsert by die Huisgenoot-verhoog sluit ons die aand van 21:30 tot laat by die Castle Lager-verhoog af.

Afrikaans en Engels | Gesin | Weekkaartjie: R255 (slegs vooraf-verkope) | Dagkaartjie: R85 Dagkaartjies op 4 April: R55 | Kinders o/14 met ouerbegeleiding: R10 per dag.

KKNK-2018-web-images-500x400-Aandprogram-Awe-Kaktus

AWÊ KAKTUS

DEBUUT Kontemporêre musiek
Ondersteun deur Kunste Onbeperk

MET: Mi Casa, Spoegwolf, Mathew Mole en Majozi

Wat sê jy van ’n paar van Suid-Afrika se grootste musiek acts, ’n piekniek in die Klein Karoo en lekker musiek – saam
met al jou pelle? Jy sê Awê, Kaktus. Trek aan jou partytjieskoene en kom skop 2018 se KKNK ’n bietjie anders saam
met ons af. Sien jou daar.

Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjie | 120 min. Huisgenoot-verhoog

29 Maart 19:30

BOONTOE: ENGELSTEMME

DEBUUT Kontemporêre musiek
Ondersteun deur Kunste Onbeperk

MET: Jo Black, Robbie Wessels, André Terblanche, Corlea Botha, Thembeka, Kyle Seconna, die Hoërskool Oudtshoorn se Ad Astra-koor en orkes, Melissa van der Spuy, Tim Rankin, Henry Steele en Schalk van der Merwe REGIE EN TEKS: Hennie van Greunen MUSIEKREGIE: Melissa van der Spuy VERWERKINGS: Melissa van der Spuy en Pedro Kruger SAMESTELLING: Hennie van Greunen, Melissa van der Spuy en Pedro Kruger OUDIOVISUELE ONTWERP: Nico Scheepers VERHOOGBESTUURDER: Jaco Notnagel VERVAARDIGERS: Pedro Kruger vir Wordsmith’s Theatre Factory en Kunste Onbeperk

’n Mengsel van tradisionele en sekulêre liedjies en spirituals wat sorg vir sielsverkwikkende musiek met van die beste stemme in Suid-Afrika. Met die spesiaal-ontwerpte oudiovisuele materiaal en wêreldklasklank en -beligting beloof Boontoe: Engelstemme om voort te bou op die sukses van sy voorloper in 2016, wat vir ’n Kanna benoem is.

Afrikaans | Gesin | Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjie | 90 min. | Huisgenoot-verhoog

1 April 19:30

KKNK-2018-web-images-500x400-Aandprogram-Boontoe
KKNK-2018-web-images-500x400-Aandprogram-Sterrenag

STERRENAG – MUSIEK MET HART

DEBUUT Kontemporêre musiek

MET: Jay, Leah, Pieter Koen, Willem Botha, Lee Scott en ander. SAMESTELLING: Corné Oosthuizen VERVAARDIGERS: CO Productions, Lumico en Kunste Onbeperk

Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse musiekkunstenaars onder die sterre op die verhoog met nuwe en ou treffers,
wat die stories van die hart en siel vertel.

Afrikaans | Gesin | Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjie | 90 min. | Huisgenoot-verhoog

2 April 19:30

KAROO-NAG

DEBUUT Kontemporêre musiek
Ondersteun deur Kunste Onbeperk

MET: Adam Tas, Refentse, Joshua na die Reën, Karin Kortje, Caroline Grace en Fatman REGIE: Angelo Mockie VERHOOGBESTUURDER: Carmen Mockie VERVAARDIGER: AM Productions

Hierdie is ’n verskeidenheidskonsert wat van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars byeenbring om ’n Karoonag met gehore te deel.

Afrikaans Gesin | Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjie | 120 min. | Huisgenoot-verhoog

31 Maart 19:30

KKNK-2018-web-images-500x400-Aandprogram-Karoonag
KKNK-2018-web-images-500x400-Aandprogram-kykNET-Dans-op-die-vlaktes

KYKNET – DANS OP DIE VLAKTES

DEBUUT Kontemporêre musiek

MET: Kurt Darren, Leah, Craig Lucas (The Voice), Paxton (Idols) Germandt Geldenhuys (Binnelanders), Stephanie Baartman (Getroud met rugby) en ander

Kom skop jou skoene uit en kuier saam met van jou gunsteling-kyk-NET-sterre en ander bekendes terwyl ons hop, bop, ruk-en-riel, vastrap en skoffel. Dis tyd vir dans. Hierdie #VolLewe konsert sal almal se voete laat jeuk.

Afrikaans | Gesin | Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjie | 90 min. | Huisgenoot-verhoog

30 Maart 19:30

RYMKLETS VAN OOS TOT WES

DEBUUT Kontemporêre musiek
Ondersteun deur Kunste Onbeperk

MET: HemelBesem, Yoma, Early B Oxijin, Dj J-EFX, Yugi Yo en MC IXA REGIE Simon Witbooi PRODUKSIEBESTUURDER: Danny B Manuel
VERHOOGBESTUURDER: Lincoln Philander VERVAARDIGER: Danny B Entertainment Production Pty

Rymklets van Oos tot Wes beloof vermaak vir oud en jonk en beeld terselfdertyd die geskiedenis van hip-hop uit. Kom sien en hoor hoe die verskillende style oor die jare verander het. Hemel- Besem, Yoma en Early B deel die verhoog met plaaslike talent. Hierdie is die grootste platform vir rymklets in die land. Nuwe uitblinkers sluit in MC IXA, die grootste Afrikaanse hip-hop-kunstenaar in Namibië, asook ander plaaslike dansers en kletsrymers.

Afrikaans | Gesin | Ingesluit by Kuierbuurt-kaartjie | 120 min. | Huisgenoot-verhoog

3 April 18:00

KKNK-2018-web-images-500x400-Aandprogram-Rymklets
Die aandprogram op die Huisgenoot-verhoog word in die formaat van piekniek-ervarings aangebied. Bring jou eie stoel en kombers en geniet die musiek onder die Klein Karoo-sterreprag. Kuier lekker terwyl van ons land se topkunstenaars en nuwe stemme jou
vermaak. JOOX, die nuwe app om musiek te stroom, skep verskeie musiekervarings by die KKNK. Kom maak ’n draai.
KKNK-2018-web-header-1349x250-Jeugvermaak

Verrassings op die teaterprogram vir jong volwassenes sluit in: Babbelagtig, Moord in Ixiastraat , You Suck (en ander afgryslike waarhede), die ATKV se Tienertoneelwenner, Innie selle, Awê Kaktus en by die Uitkampteater-produksies voor die Absa Burgersentrum.

Jong feesgangers het vanjaar ’n verskeidenheid om van te kies en keur. Hoogtepunte uit dié program sluit in daaglikse kindervermaak in die Kuierbuurt by die ATKV-Speelbos, wat die jongspan se kunskierigheid gaan prikkel. Verskeie Uitkampteater-optredes, musiekvertonings en ander vermaak word ingesluit. Interaktiewe aktiwiteite en installasies verskaf ook deur die dag hope pret en vermaak, met verskeie karakters en ander gunstelinge wat kom kuier.

BLOEB!

Kindervermaak

MET: Schoemé Grobler en Isabelle Grobler REGIE: Sjaka S. Septembir TEKS: PuppeTrix VERVAARDIGER: PuppeTrix

Miemie hou nie van bad nie. Die badkamerbewoners probeer haar egter
anders oortuig. Word badkamertyd speeltyd? Dié kinderkomedie sal jou
kind anders na die alledaagse dinge rondom hom of haar laat kyk.

R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. | ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt

Daagliks 11:00 tot 17:00

KKNK-2018-web-images-500x400-Kindervermaak-Bloeb
KKNK-2018-web-images-500x400-Kindervermaak-Crafty-Kids

CRAFTY KIDS

Kindervermaak

MET:Elana-Marie Snyman en Amanda le Roux AANGEBIED DEUR: Crafty Kids

Kinders kan speel-speel kreatief wees terwyl hul nuwe tegnieke aanleer en met verskeie materiale werk. Kom
kuier by Crafty Kids en kies wat jy wil maak! Kom verf ’n masker, maak ’n prentjie uit fun foam of verf op lap.  Jy kan sommer elke dag ’n ander kunswerk maak en huis toe neem. Alle materiale is ingesluit. Kom deel in die pret!

Afrikaans en Engels | Geen o/4 | R100 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 60 min. | ATKV-Speelbos

29 Maart tot 4 April 12:30 | 14:00 | 15:30

IN DIE NATUUR

DEBUUT Kindervermaak

MET: Caleb Petersen, Jurgen McEwan en Kurt Jonas REGIE EN TEKS: Chenal Kock en die rolverdeling VERHOOGBESTUURDER: Chenal Kock VERVAARDIGER: Chenal Kock

In die natuur is die bekendstelling van In die woud se volgende hoofstukke: In die see en In die lug. In die woud het verlede jaar die Kanna vir die beste kinderteaterproduksie by die KKNK gewen. Dié stuk maak gebruik van elemente van fisiese teater, objekteater en natuurlike klanke. In die natuur se hoofstukke maak nuwe ruimtes oop vir die verbeelding. Dis definitief ’n ontdekkingsreis.

Afrikaans • Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt

Daagliks 11:00 tot 17:00

500x400 Placeholder
500x400 Placeholder

IN DIE LUG

DEBUUT Kindervermaak

MET: Caleb Petersen, Jurgen McEwan en Kurt Jonas REGIE EN TEKS: Chenal Kock en die rolverdeling VERHOOGBESTUURDER: Chenal Kock VERVAARDIGER: Chenal Kock

In die lug is ’n volgende hoofstuk van In die woud. In die woud het verlede jaar die prys gewen vir die beste kinderteaterproduksie by Uitkampteater. Dit vertel die storie van ’n jong man en sy verkenningstog deur die lug, wat baie vrae laat ontstaan. Is die lug wit of is dit eintlik blou? Hoe vlieg ’n mens in die lug? Die gehoor word genooi om deel te wees van een man se reis deur en na die lug. Wanneer jy jouself toelaat om ’n nuwe ruimte van potensiaal te ondersoek – dít is wanneer die betowering gebeur. In die lug skep ’n nuwe ruimte vir die verbeelding. Kom saam op die verbeeldingsvlug van ontdekking!

Afrikaans • Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt

Daagliks 11:00 tot 17:00

IN DIE SEE

DEBUUT Kindervermaak

MET: Caleb Petersen, Jurgen McEwan en Kurt Jonas REGIE EN TEKS: Chenal Kock en die rolverdeling VERHOOGBESTUURDER: Chenal Kock VERVAARDIGER: Chenal Kock

In die see is ’n volgende hoofstuk van In die woud, wat verlede jaar die prys gewen het vir die beste kinderteaterproduksie by Uitkampteater. Dit vertel die storie van ’n jong man en sy verkenningstog deur die see, waar hy die wonderwêreld van water ontdek. Wanneer jy jouself toelaat om ’n nuwe ruimte van potensiaal te ondersoek – dít is wanneer die betowering gebeur. In die see skep ’n nuwe ruimte vir die verbeelding. Kom saam op die verbeeldingsvlug van ontdekking!

Afrikaans • Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt

Daagliks 11:00 tot 17:00

500x400 Placeholder
500x400 Placeholder

IN DIE WOUD

DEBUUT Kindervermaak

MET: Caleb Petersen, Jurgen McEwan en Kurt Jonas REGIE EN TEKS: Chenal Kock met die rolverdeling VERHOOGBESTUURDER: Chenal Kock VERVAARDIGER: Chenal Kock

In die woud het verlede jaar die prys gewen vir die beste kinderteaterproduksie by Uitkampteater. Dit vertel die storie ’n jong man se reis deur die oerwoud, waar hy ’n magiese lap ontdek. Sy ontdekkingstog maak vir hom ’n wonderwêreld oop. Wanneer jy jouself toelaat om ’n nuwe ruimte van potensiaal te ondersoek – dít is wanneer die betowering gebeur.

Afrikaans • Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt

Daagliks 11:00 tot 17:00

SPEEL-SPEEL, MY STORIE IS UIT

DEBUUT Kindervermaak

MET: Jaco Spies, Schoemé Grobler en Isabelle Grobler REGIE: Schoemé Grobler TEKS: PuppeTrix MUSIEK: Jaco Spies VERVAARDIGE: PuppeTrix

Verskeie stories word sigbaar, hoorbaar en tasbaar vir kinders wanneer storievertelling met handpoppe en lewendige musiek gekombineer word. Die gehoor kry ’n instrument en deur middel van musikale en dramatiese fasilitering word die gehoor ’n interaktiewe deel van die storie.

Afrikaans • Gesin | R20 (toegang tot Kuierbuurt uitgesluit) | 20 min. ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt

Daagliks 11:00 tot 17:00

KKNK-2018-web-images-500x400-Kindervermaak-Speel-Speel-my-storie-is-uit

WAAR EN WANNEER?

Die nuwe Kuierbuurt is op die Oudtshoorn Sporgronde (REC) en Vredestraat Sportterrein geleë
en is daagliks van 10:00 tot laataand oop.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?