KLIEKKLUB

Kliek-Klub-2017-web-header-1349x250

Die KKNK se Kliek Klub trek ’n nuwe baadjie aan en bied nou meer voordele aan lede, oor ’n tydperk van 12 maande, nie net by die KKNK nie.

Lede ontvang ook voordele vir Klein Karoo Klassique (Oudtshoorn se klassieke musiekfees in Augustus) en toegang tot ander projekte, waaronder Teksmark (in November). Kliek Klublede het ook maandeliks ’n kans om opwindende pryse in gelukkige trekkings te wen. Hierdie pryse sluit onder meer uitnodigings na programbekendstellings en die Kannas in.

Kliek-Klub-2017-web-pic-500x400-Wat-het-verander

Wat het verander?

Dié Klub het nou twee vlakke:

Kliek Plus (bied teen ’n jaarlikse fooi die meeste voordele) en ’n gratis, algemene lidmaatskap tot die Kliek Klub.

Wat is die koste?

Kliek Plus-lidmaatskap kos R300 per jaar en is vir ’n tydperk van slegs 12 maande geldig.

Kliek Klub-lidmaatskap is gratis.

Kliek-Klub-2017-web-pic-500x400-Wat-is-die-koste
Kliek-Klub-2017-web-pic-500x400-Kliek-Plus-voordele

Kliek Plus voordele:

Bly op hoogte oor Kunste Onbeperk en sy projekte.
Bespreek verblyf vir KKNK eerste (voor die publiek).
Ontvang die KKNK-feesprogram eerste (voor die bekendstelling daarvan).
Ontvang die Klein Karoo Klassique-feesprogram eerste (voor die bekendstelling daarvan).
Ontvang afslag op KKNK-kaartjies.
Ontvang afslag op Klassique-kaartjies (pakkette uitgesluit)
Bespreek jou KKNK-kaartjies eerste (voor die publiek).
Bespreek jou Klein Karoo Klassique-kaartjies eerste (voor die publiek).
Ontvang ’n spesiale parkeerterrein, met gratis parkering by KKNK.
Ontvang ’n gratis KKNK Feesgids en Jippiesakkie.
Word uitgenooi na Kunste Onbeperk Teksmark.
Ontvang uitgesoekte voordele in samewerking met feesborge.
Wen pryse in gelukkige trekkings en spesiale aanbiedings op geselekteerde feesitems/produksies.

Kliek Klub voordele:

Bly op hoogte oor Kunste Onbeperk en sy projekte.

Ontvang die KKNK-feesprogram vroeër (voor die bekendstelling daarvan).

Ontvang die Klein Karoo Klassique-feesprogram vroeër (voor die bekendstelling daarvan).

Wen pryse in gelukkige trekkings en spesiale aanbiedings op geselekteerde feesitems/produksies.

Kliek-Klub-2017-web-pic-500x400-Kliek-Klub-voordele
kknk-2016-kliek-klub-banner-ad-600x500px

Hoe sluit ek aan?

Vir Kliek Plus- Kliek Klub-lede: Voltooi die vorm hieronder met jou besonderhede en belangstellings. Nuwe lede kan die heel jaar/die hele jaar aansluit.

Slegs vir Kliek Plus-lede: Betaal jou R300 ledegeld in by Absa, Kliek, Spaarrekening, Takkode: 632005,
Rekeningnommer: 916 380 7605. Gebruik jou naam en van as verwysing.

Indien jy enige navrae het, kontak gerus vir Daleen Witbooi by +27 (0) 44 203 8600 of [email protected]

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?