KKNK verskuif feesterrein in 2018

Rivier

Die KKNK verskuif sy gewilde feesterrein in 2018 na die meer sentraal geleë Oudtshoorn en Vredestraat Sportterreine.

Die KKNK verskuif sy gewilde feesterrein in 2018 na die meer sentraal geleë Oudtshoorn en Vredestraat Sportterreine.

Dié aankondiging is deur Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK aanbied, gedoen.

Volgens Snyman het terugvoer van borge, feesgangers en inwoners aanleiding tot dié skuif gegee. “Borge en feesgangers verkies ’n feesterrein wat sentraal tot die hartklop van die KKNK is en die nuwe feesterrein by die kruising van Voortrekkerweg met Baron van Reedestraat en Langenhovenweg, is dus ideaal,” sê sy.

Snyman wys verder daarop dat daar geen inwoners is in dié gedeelte van Vredestraat wat tydelik gesluit sal moet word nie en dat die vlakke van ongerief wat met tydelike inrigting gepaard gaan, dus veel minder sal wees.

Sy sê feesgangers sal alles waaraan hulle die afgelope agt jaar in die Rivierbuurt gewoond was, én meer, op die nuwe terrein ervaar. “Benewens die aand- en dagverhoog, Liplekker met sy deli- en wynproeë, verskeie stalletjies, kroeë en kuier- en rusareas, verskuif die ATKV-Speelbos ook na die feesterrein.

“Die Speelbos bied ure se pret en plesier aan die jongspan, waaronder Uitkampteater-aanbiedings, interaktiewe speletjies én ’n musiekprogram,” sê sy.

Die gewilde Kunsmark word op die Vredestraat Sportterrein ingerig. Dié area huisves ook die pretpark en mallemeule. Kaartjies na die feesterrein sluit toegang tot ál hierdie vermaak in.

Toegangshekke tot die terrein word in Voortrekkerweg en Vredestraat ingerig. Hekke tot die terrein maak soggens om 10:00 oop.

Enige navrae oor die nuwe terrein kan gerig word aan [email protected] of 044 203 8600.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?