KKNK se boekgesprekke bied insig in nuwe Afrikaanse publikasies

Die artikel wat op 13 Maart in The Gremlin verskyn, vertel lesers meer oor die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2017, asook die boekgesprekke wat insig in nuwe Afrikaanse publikasies sal gee.

“Die ATKV-Boeke-oase is nie net ’n tuiste vir die nuutste boeke teen sakpaspryse nie, maar stel ook met daaglikse boekgesprekke feesgangers bekend aan ons kreatiewe denkers en hul skryfprosesse”, sê  Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word.

Daniel Hugo, bekende digter en vertaler, stel vir die tweede jaar dié program saam, ná verlede jaar se suksesvolle boekgesprekreeks. Die program bied iets vir elke kranige leser en is die perfekte geleentheid om boeke te koop én meer oor ons skrywers en hulle literêre juwele te leer. 

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?