KKNK op Oudtshoorn kerngesond

’n Artikel oor die sukses van die KKNK verskyn op 20 April op mymatzikama.com. Die artikel handels oor die sukses van die fees asook die verdubbeling van kaartjieverkope vir die Uitkampteater.

“Aanvanklike kaartjieverkope dui daarop dat die KKNK gesond is. Daar is vanjaar 6% meer teaterkaartjies as verlede jaar verkoop en ons is veral trots daarop dat kaartjieverkope vir Uitkampteater meer as verdubbel het, teenoor verlede jaar se eerste aanbieding.” So sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK wat verlede Saterdag (15 April) op Oudtshoorn tot ’n einde gekom het.

Volgens Snyman is vanjaar se feesprogram deur ’n hele aantal unieke belewenisse gekenmerk. By die Uitkampteater is die Nederlandse ervarings met spieëls, Diep en Wentel, flink bygewoon en die uitbreiding van dié projek om ook kinderteater by Arbeidsgenot in te sluit, het van menige jong feesgangers, teatergangers gemaak. Baron van Reedestraat se lywige straatteaterprogram, het aan feesgangers die geleentheid gegee om self ook kunstenaars te word en groot gehore is hiervoor getrek.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?