KKNK musiekprogram bied verskeidenheid vir elke smaak

In die artikel wat op 23 Februarie in die Gremlin verskyn, kry lesers ’n oorsig van die talle musiekproduksies waarna feesgangers by die KKNK 2017 kan uitsien.

“Die musiekprogram in teaters en op die musiekverhoë bied beslis vanjaar iets vir elke smaak”, vertel sy.

In teaters kan feesgangers uitsien na die eerste Afrikaanse hip-hop musiekblyspel Amper Famous, met die jong hip-hop-kunstenaar V.I.T.O., onder regie van David Kramer. Amper Famous vertel die storie van ’n jong man van ’n klein dorpie, wat groot drome droom. Dit beloof om ’n ervaring te wees wat hartsnare gaan roer.

Vir aanhangers van Karen Zoid, die The Voice-mentor en president van die Republiek van Zoid Afrika, én die Gereformeerde Blues Band, is hulle vertoning ’n móét sien. Die musikante trek ’n kontemporêre baadjie vir Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se ikoniese protesalbum, Eet Kreef aan.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?