KKNK musiekprogram bied iets vir elke oor

Die artikel op Afrikaanse Musiek Nuus op 23 Februarie, gee ’n oorsig van die groot verskeidenheid musiek vermaak wat by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2017 te sien gaan wees.

“Musiekliefhebbers by vanjaar se KKNK kan ’n wye spektrum van musiek beleef – van kontemporêr en klassiek, tot kabaret en selfs ’n Afrikaanse musiekblyspel”, sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van dié fees, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word. “Die musiekprogram in teaters en op die musiekverhoë bied beslis vanjaar iets vir elke smaak”, vertel sy.

In teaters kan feesgangers uitsien na die eerste Afrikaanse hip-hop musiekblyspel Amper Famous, met die jong hip-hop-kunstenaar V.I.T.O., onder regie van David Kramer. Amper Famous vertel die storie van ’n jong man van ’n klein dorpie, wat groot drome droom. Dit beloof om ’n ervaring te wees wat hartsnare gaan roer.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?