KKNK: Misdaadskrywers aan die woord

Die Oudtshoorn Koerant publiseer op 12 April ‘n gesprek tussen misdaadskrywers Deon Meyer en Chanette Paul.

SUID-KAAP NUUS – Daar kan nooit genoeg spanningsromans in Suid-Afrika geskryf word nie. Elke nuwe skrywer wat tot dié genre toetree, bring nuwe perspektiewe, nuwe verhale met nuwe gegewe. As daar weerstand was teen spanningsromans of sielkundige rillers, sou skrywers en uitgewers dit lankal besef het.

“Die beste kopers van dié boeke is Afrikaanse lesers. Hulle is geweldig lojaal en kóóp ons boeke,” sê Deon Meyer, een van die land se topverkoperskrywers.

Meyer en Chanette Paul, nog ‘n gewilde spanningsromanskrywer, het Sondagmiddag oor hul suksesvolle loopbane met die dramaturg en uitgewer Tertius Kapp in die ATKV-Boeke-oase gesels.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?