Plaatje sou nie van dié ANC gehou het

 

Op 12 April het Netwerk24 berig oor Die Burger se Praat Saam-gespreksreeks by die KKNK. Die berig gaan oor die natalentskap van Sol Plaatje en Willemien Brümmer se bekende voorsate.

Daar is sekere ANC-lede wat nie die belange van die land en sy mense op die hart dra nie, het Dan Plaatje in Oudtshoorn by Die Burger se Praat Saam-gespreksreeks op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gesê.

“Leierskap in die ANC is ’n ding wat kom en gaan. Hoe gouer dit gebeur, hoe beter. Genoeg is genoeg,” het Plaatje, ’n agterkleinseun van Sol Plaatje, eerste sekretaris-generaal van die South African Native Congress, gesê.

Plaatje en Willemien Brümmer, artikelskrywer van Netwerk24 en agterkleinkind van CJ Langenhoven, het Saterdag by die eerste gespreksreeks gepraat oor die nalatenskap van hul bekende voorsate.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?