KKNK: Drama op die planke dié jaar

Die artikel wat op 14 Februarie in die Mosselbay Advertiser verskyn, gee lesers ’n oorsig van die dramas wat te sien gaan wees by die KKNK 2017 asook die verskeie bekroonde akteurs wat hul dramakuns met hulle gaan deel.

NASIONALE NUUS – Bekroondes en debuutwerke kenmerk die toneelprogram van die 23ste KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word.
“Vanjaar se toneelaanbod is divers met kontemporêre en klassieke stukke, werke wat suksesvol elders aangebied is en uitmuntende dramas wat vir die heel eerste keer opgevoer word”, sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK.
In Weerklink van ’n wanklank – ’n eenman memoir kyk Pieter-Dirk Uys, wat vanjaar met die Kunste Onbeperk Kruispunt vereer word, terug na die padwysers wat hom onbewustelik deur sy lewe in die regte en ’n oorspronklike rigting gestuur het. Uys, nou in sy 71ste jaar, se meer as 7 000 solovertonings het hom geleer dat elke optrede die eerste én laaste is, want elke gehoor vereis en ontvang ’n ander energie.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?