KKNK 2017 : Beleef opwindende debuutwerk

Die volgende artikel in die Oudtshoorn Courant, wat 30 Januarie 2017 verskyn het, handel oor die 23ste bestaansjaar van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Die artikel vertel lesers meer van die vermaak wat te sien sal wees by die fees en fokus spesifiek op die debuut produksies.

OUDTSHOORN NUUS – “Die program van die 23ste KKNK beloof vanjaar ’n belewing vir almal, met opwindende debuutwerk in alle genres en gewilde produksies van ander speelvakke wat vir die eerste keer in die Klein Karoo te sien is.” Só sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word.

Sewe dramas debuteer hier en sluit kontemporêre en klassieke werke in. Hulde word met Asem aan skrywer Reza de Wet gebring, wat op Vrydag, 27 Januarie 2017 vyf jaar gelede oorlede is. Asem is ’n vertaling van De Wet se Breathing In, onder regie van Marthinus Basson en met Antoinette Kellermann, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam en Edwin van der Walt in die rolverdeling.

Asem speel af in die laaste dae van die Suid-Afrikaanse oorlog en De Wet verweef die verhaal van liefde digterlik en kragtig in ’n tyd van vernietiging, wat die alledaagse verander in die uitsonderlike.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?