Kindervermaak uit die boonste rakke op KKNK feesprogram

lollos-9

Kindervermaak by die KKNK is vanjaar uit die boonste rakke met In Die Natuur, In Die Lug, In Die See, In Die Woud, ’n hele lot stories en ’n speelbos verken word deur die loop van die program sowel as top-klas vermaak deur Lollos en Lettie.

In die Natuur is die bekendstelling van In die Woud se volgende hoofstukke: In die See en In die Lug. In die Woud het verlede jaar die Kanna vir die beste kinderteaterproduksie by die KKNK gewen. Dié stuk maak gebruik van elemente van fisiese teater, objekteater en natuurlike klanke. In die natuur se hoofstukke maak nuwe ruimtes oop vir die verbeelding. Dis definitief ’n ontdekkingsreis.

In die Lug is ’n volgende hoofstuk van In die woud. Dit vertel die storie van ’n jong man en sy verkenningstog deur die lug, wat baie vrae laat onstaan. Is die lug wit of is dit eintlik blou? Hoe vlieg ’n mens in die lug? Die gehoor word genooi om deel te wees van een man se reis deur en na die lug.

In die See vertel die storie van ’n jong man en sy verkenningstog deur die see, waar hy die wonderwêreld van water ontdek.

In die Woud het verlede jaar ook die prys gewen vir die beste kinderteaterproduksie by Uitkampteater. Dit vertel die storie ’n jong man se reis deur die oerwoud, waar hy ’n magiese lap ontdek. Sy ontdekkingstog maak vir hom ’n wonderwêreld oop.

Die wengeselskap van die Kanna vir die beste kinderteater-aanbieding by die KKNK in 2017 keer terug met vier opwindende Uitkampteater-produksies vir die jongspan. Maak ook seker dat jy die bekroonde In Die Woud vanjaar sien.

Lollos en Lettie kom kuier vir die tiende jaar by die KKNK en ons kyk terug na tien jaar se hoogtepunte en herinneringe! Die gehoor kan uitsien na al ons gunstelingstories en lekker dansliedjies. Moet dit nie misloop nie.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?