Karoo Suite

KKNK-2017-Beleef-Dit-web-images-1000x500-Karoo-Suite (1)

 

DEBUUT Kontemporêre musiek

’n Kunste Onbeperk-produksie, in samewerking met Coenie de Villiers

Met Coenie de Villiers, Deon Meyer, Jaconell Mouton (klavier), David Klassen (perkussie) en Mauritz Lotz (kitare) Regie en musiek: Coenie de Villiers Teks en projeksies: Coenie de Villiers en Deon Meyer Musiekregie: Jaconell Mouton Produksiehuis: CDV Market Ideation

Coenie de Villiers en sy musikante spring weg met komposisies van sy skitterende nuwe album, Emoji,asook ’n paar bekende treffers. Die laaste deel van die program bestaan uit die oorspronklike Karoo Suite, ’n musieksuite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier seisoene. Maar dis nie seisoene wat Deon Meyer in sy wonderskone teks belig nie: dis die mense, die stories en die persoonlikheid van die Karoo. Meyer is ook die verteller op die verhoog. Dit is dié werk se debuutuitvoering. De Villiers het die musiek gekomponeer en die internasionaal bekende skrywer stel sy talent ten toon buite die spanningsgenre. Die bykomende lekkerte is Meyer se asemrowende fotografie en projeksies wat ’n agtergrondtafereel vir dié multimedia-viering van woord, beeld en musiek skep. Meyer is een van die suksesvolste skrywers in sy genre ter wêreld, maar ook ’n fotograaf van internasionale gehalte.

Afrikaans • Gesin | R140 | 70 min. | Absa Burgersentrum

8 April 14:00 | 9 April 19:00

Klik hier om kaartjies te koop.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?