KARIN HOUGAARD – GREPE

Karin-Hougaard-Grepe-(7)

Musiekteater

Ondersteun deur Kunste Onbeperk

Met Karin Hougaard en Jaconell Mouton Teks en musiek: Karin Hougaard Regie: Marí Borstlap Vervaardiger: Karin Hougaard Produksies

Karin Hougaard bly sedert 2008 in die VSA. Dis dié dat haar Suid-Afrikaanse aanhangers die laaste jare min van haar te sien gekry het. Maar nou is sy terug. Met Grepe wys Hougaard waar sy vandag as kunstenaar en as mens staan. Die vertoning sluit ou treffers soos “Bly” en “Kruietuin” in, maar die gehoor maak ook kennis met haar jongste werk, want doer ver in North Carolina werk sy steeds aan nuwe komposisies. Dan is daar ook liedere wat sy in samewerking met die Nederlandse kunstenaar Herman van Veen geskryf het, en haar vertolkings van Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van sonnette van Shakespeare. Sy sing hoofsaaklik in Afrikaans, aangevul deur enkele liedere in Engels en Nederlands. Karin Hougaard se Grepe is intiem, dinamies, spontaan en literêr. Vir hierdie stem- en teksgedrewe vertoning word sy begelei deur die briljante Jaconell Mouton met regie deur Marí Borstlap.

Afrikaans • Gesin R145 (R160 by die deur) | 85 min. | Die Windpomp Restaurant Teater

31 Maart 21:00; 1 April 10:00

Klik hier om kaartjies te koop

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?