ATKV-KAMPVUUR

1499-x-750-images

Digters, skrywers en storievertellers vergader elke aand van 18:30 tot 20:00, om die ATKV-Kampvuur. Hier sal elke aand talle vermaaklike en interessante stories te hoor wees wat alles van spookstories tot gedigte om die vuur insluit. Elke aand bestaan uit storievertel, of digkuns en verskillende onderwerpe wat beloof om gehore met ’n unieke KKNK-ervaring te bederf. Kom geniet goeie geselskap om ’n vuur in die hartjie van die Klein Karoo.

Woordkuns-01

BEKGEVEG
MET Bekkige vegters van hier en elders AANGEBIED DEUR Die Klippie-teater.
’n Lekker kompetisie vir jeuggroepe op besoek aan die KKNK, uitgedaag deur jeuggroepe van Oudtshoorn.
Gratis | 90 min. | ATKV-Kampvuur
30 MAART 18:30

BOEKE OOP, LEER JOU LES!
STORIEVERTEL
Uit die onderwys is daar die wonderlikste stories oor inspekteurs, feite en flaters. Onderwysers wat die pot misgesit het en kinders wat jou verdra het met geluk by die ongeluk. Kom leer jou les. Kaartjieprys sluit aandete in.
Afrikaans | R125 | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 28 MAART 18:30

Woordkuns-03
Woordkuns-09

DIGTERSVUUR
DIGKUNS
MET Petra Müller, Daniël Hugo, Hannes Visser en Suzanne Ongansie.
Vier digters om ’n vuur. Kom luister na hul stories oor skryf en voorlesings van hul gedigte – gedigte wat dikwels self ’n storie vertel. Kaartjieprys sluit aandete in.
Afrikaans | R125 | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 27 MAART 18:30

FYNTRAP
STORIEVERTEL
MET Willa Boezak, Jeremy van Wyk, Poem Mooney en Bazil Kevido AANGEBIED DEUR Attakwa-huis
Mense wat saam met ons wil fyntrap, kan deel in die stories uit ons verlede. Dit is die ware naelstringstories uit die verlede wat dikwels as kwaadpraat of liegstories voorgehou is. Fyntrap saam met ons deur die verlede. Christo Jacobs sal sorg vir die tradisionele aandete met heuning-kerrie
as ’n trekpleister. Kaartjieprys sluit aandete in.
Afrikaans | R125 | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 29 MAART 18:30

Woordkuns-6
Woordkuns-08

NAELSTRING
STORIEVERTEL
MET Poem Mooney, Willa Boezak, Jeremy van Wyk en Bazil Kevido
Daar is ’n spreekwoord wat sê: Die waarheid hang af van wie dit sê. Hoe bepaal die gehoor die heldere witte waarheid as hulle nie saampraat nie?
Of die vertellers agter die stories ken nie? Ervaar die waarheid deur die naelstring. Kaartjieprys sluit aandete, berei
deur Christo Jacobs in.
Afrikaans | R125 | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 24 MAART 18:30

ONS KOMVANDAAN
WOORDKUNS
VERVAARDIGER Breytenbach Kultuursentrum REGIE Christine Trüter SAMESTELLING Christine Trüter in samewerking met die Kaleidoskoop dramagroep
MET Gaireyah Fredericks, Wayne Galant, Collinecia Hawker, Josua Meyer en Curtly Titus Meesleurend, opruiend, oproerig, versoenend, ont-hutsend en omhelsend. Die Breytenbach Sentrum se dramagroep, Kaleidoskoop, bied ’n ondersoekende en ontroerende blik op die werk van bruin digters oor ses dekades heen – van P.J. Philander en Adam Small,
tot Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Jitsvinger.
Gratis | 30 min. | ATKV-Boekwinkel | 30 MAART 14:00

Woorkuns-10
Woorkuns-04

SAAMSTAAN-STORIES
STORIEVERTEL
MET Jan van Wyk, Isaac Thembani Dikgacwi, Mzukisi Sikosana, Jan Baartman en Charlie van Hansen
In die lief en die leed het mense in ons gemeenskap altyd saamgestaan. Alles het afgehang van hoe aktuele stories oor saamstaan aan ander vertel is. Die gehoor word uitgedaag om saam te praat oor hoe en wanneer gemeenskappe hulle gewig by werklike stories ingooi. Kaartjieprys sluit aandete in.
Afrikaans | R125 | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 26 MAART 18:30

SPOKE, GEESTE, POLTERGEESTE
STORIEVERTEL
MET Willie Esau en ander
Kom luister na grieselrige bangmaakstories
uit die omgewing en elders. En oordeel self
of die vreemde ontmoetings met geeste,
spoke en poltergeeste eg kan wees.
Kaartjieprys sluit aandete in.
Afrikaans | R125 | 90 min. | ATKV-Kampvuur | 25 MAART 18:30

Woordkuns-07
Woordkuns-05

STORIETYD
STORIEVERTEL
MET Eureka Mooney
’n Verbeel-wêreld van goggas en goetertjies, feetjies en feekse en kabouters en konings
word werklikheid met interaktiewe voorlesings van stories vir die kleinspan.
Afrikaans | Gratis | 60 min. | ATKV-boekwinkel | DAAGLIKS om 09:00

Waar en wanneer?

Storievertellers vergader elke aand van 18:30 tot 20:00, om die ATKV-Kampvuur, geleë in Jan van Riebeeckweg 218.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?