JOOX Borgeboodskap

JOOX, die opwindende musiekstroom-app wat in September verlede jaar bekend gestel is en wat die Afrikaanse musiekstroom-mark behoorlik omgekeer het, is baie opgewonde om betrokke te wees by die​ 24ste ​KKNK​ op Oudtshoorn​. ​Dit is ons missie om die musiekbedryf en kunstenaars te ondersteun en daarom gooi ons ons gewig agter Afrikaanse musiek​. Ons app is ​ook ​propvol Afrikaanse treffers​ en die meeste daarvan kan jy eksklusief net op Joox stroomluister.  

Die app,​ wat deur Naspers en Tencent bedryf word,​ bied ’n gratis sowel as ’n betaalde VIP-opsie wat gebruikers in staat stel om musiek aflyn te luister sonder om jou data te gebruik. Nóg ’n voordeel is drie verskillende stroomgehalte-opsies wat gebruikers toelaat om hul data te beheer.​ ​Ons het kontrakte met verskeie internasionale platemaatskappye wat ’n wye verskeidenheid internasionale musiek en treffers op die platform verseker. Plaaslike inhoud maak die spektrum van inhoud wyer en bou ’n sinvolle sakemodel vir Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Die KKNK is die bakermat van Afrikaanse musiek en dit is vir ons ‘n groot voorreg om deel hiervan te wees. ​​Die wye verskeidenheid musiekgenres by die fees wat iets vir almal bied, is ‘n unieke kenmerk van die KKNK en iets wat ons heelhartig ondersteun. Die bevordering van Afrikaanse musiek is een van die KKNK se doelstellings en iets wat ons beslis in gemeen het. Ons kon nie anders as om betrokke te raak nie.

Ons nooi feesgangers uit om ‘n draai te maak by die JOOX-stalletjie by die fees. Ons is in die Kuierbuurt tussen die Huisgenoot-aandverhoog en ​die ​Castle Lager-dagverhoog. Kom gesels gerus met ons oor JOOX en ‘n bonus is dat feesgangers hier selfs van die kunstenaars persoonlik kan ontmoet.

JOOX het reeds die ander musiekstroomdienste uitgestof in die vier markte waar dit vrygestel is. Die kombinasie van ons opkomende musiekmodelmarkte en die ervaring van ons plaaslike span maak JOOX ’n eerste vir Suid-Afrika.​ Ons bou hierop voort saam met al die musiekkunstenaars by die KKNK.

 

Thabiet Allie

Uitvoerende Handelshoof: Musiek

Tencent Africa

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?