JOHANNES MASWANGANYI – FEESKUNSTENAAR

KKNK-2018-web-images-Feeskunstenaar-1000x500-Johannes

Feeskunstenaar

Johannes Maswanganyi is in 1948 in Giyani, Limpopo, gebore. Hy het geen formele kunsopleiding gehad nie en het by sy pa geleer hoe om bruikbare ware soos lepels en borde te kerf. Hy het later in sy loopbaan sy eie medisinale houers, lepels, borde en musiekinstrumente gekerf en verkoop. In die vroeë 1980’s begin hy om groot beelde van politici en ander openbare figure uit hout te kerf. Met dié werke begin hy bekendheid verwerf en positiewe kommentaar van kritici uitlok. Hoewel hy ook met die hout se natuurlike kleur werk, is hy veral bekend vir sy gebruik van helderkleurige verf. Bybel-karakters en diere figureer ook in sy werk. Met stompe, takke en stokkies wat soms bygevoeg en geverf word, skep hy elemente van ’n landskap. Aan die een kant is sy werk ’n huldiging, ’n verering – gelaai met simboliek (soos byvoorbeeld blyk uit sy beelde van Nelson Mandela), en aan die ander kant werk hy met satire, teken protes aan en lewer politieke kommentaar. Johannes het al internasionaal erkenning ontvang en uitgestal. Hy woon en werk steeds in Limpopo

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?