HUISGENOOT

KKNK-2017-sponsors-web-Borgeboodskappe-fotos-250x250-Huisgenoot

Die Klein Karoo se wye uitspansel, die reuk van gebraaide aartappels, boerewors, rooster- en pannekoek, die klanke van jou gunstelingsangers wat die naglug ingedra word – en oral om jou Afrikaans, jou hartstaal. “Beleef dit” is die slagspreuk van die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees. “Iets ondervind, daar getuie van wees”, is die definisie van “belewe” in die HAT. Kom ondervind dus vanjaar en wees saam met ons getuie van elke aand se opelugvertoning op die Huisgenoot-verhoog in die Rivierbuurt. Hierdie heerlikheid is ná vier jaar terug en ons kon nie ’n beter kunstenaarsaanbod vra nie. Daar is sterre wat ou bekendes is op ons tydskrif se voorblad: Juanita du Plessis (vir die eerste keer in sewe jaar terug by die KKNK), die hartebreker Bobby van Jaarsveld, wat as jong laaitie sy deurbraak op die Huisgenoot-verhoog by die KKNK gemaak het, Emo Adams (is duidelik hy is koel verby), die immer gewilde Kurt Darren, Bok van Blerk en Theuns Jordaan. So ook Jay, Nicholis Louw en Pieter Koen – die lys hou aan. Maar daar is ook meer onlangse sterre, soos Refentse, uit die staanspoor ’n liefling van Afrikaanse musiek, en Brendan Peyper (hy kan sing en hy maak die knieë lam). Daar gaan gesokkie, ge-hip-hop en gerymklets word, – musiek in ’n verskeidenheid van gedaantes. Die KKNK was nog altyd ’n toonvenster van die beste, gevestigde talent, maar ook ’n afspringplek vir innovasie, kreatiwiteit en vermoëns wat eenvoudig ontgin móét word. En hieraan doen Huisgenoot graag en met oorgawe mee.

Henriëtte Loubser
Redakteur: Huisgenoot 

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?