Huisgenoot-verhoog belaai met bekendes

HG

Die Huisgenoot-verhoog is vanjaar weer belaai met die room van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Dié verhoog, wat in die Kuierbuut sy plek vol staan, huisves meer as 40 kunstenaars.

Op Saterdag, 29 Maart skop ons die 24ste KKNK iet wat anders af met Awê, Kaktus. Dié konsert sluit kunstenaars soos Mi Casa, Spoegwolf, Mathew Mole en Majozi in. Trek dadelik jou partytjie skoene aan, want die vertoning gaan jou op jou tone hou.

Jo Black, Robbie Wessels, André Terblanche, Corlea Botha, Thembeka, Kyle Seconna, die Hoërskool Oudtshoorn se Ad Astra-koor en orkes, Melissa van der Spuy, Tim Rankin, Henry Steele en Schalk van der Merwe sorg op Sondag, 1 April vir sielsverkwikkende musiek met Boontoe: Engelstemme.

Sterre Nag – Musiek met Hart bring van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse musiekkunstenaars, soos Jay, Leah, Pieter Koen, Willem Botha, Lee Scott en vele meer onder die sterre op die verhoog met nuwe en ou treffers, wat die stories van die hart en siel vertel. Die konsert vind plaas op Maandag, 2 April.

Op Dinsdag, 3 April is Adam Tas, Refentse, Joshua na die Reën, Karin Kortje, Caroline Grace en Fatman deel van die Karoo-Nag konsert.

Woensdag, 4 April word daar gedans saam met kykNET. Kunstenaars soos Kurt Darren, Leah, Craig Lucas (The Voice), Paxton (Idols) Germandt Geldenhuys (Binnelanders), Nadia Beukes (Getroud met rugby), Stephanie Baartman (Getroud met rugby) en ander sal op die verhoog wees vir ’n konsert #VolLewe.

HemelBesem, Yoma, Early B, Oxijin, Dj J-EFX, Yugi Yo en MC IXA sluit die Huisgenoot-verhoog program af met Rymklets van Oos tot Wes op Donderdag, 5 April.

Kaartjies vir dié vertonings is ingesluit by die Kuierbuurt-weekkaartjie wat R255 kos.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?