Huisgenoot-verhoog Aandprogram

KKNK-2017-web-Huisgenoot-Musiekplaas-header-03

Die KKNK se opelug musiekervarings
keer vir die eerste keer sedert 2012 terug na die Rivierbuurt, wat beteken jou
week- of dagkaartjie bied meer waarde vir geld as óóit tevore.

Ons skep ’n ongelooflike atmosfeer vir feesgangers in die Rivierbuurt met stalletjies, smulkos, wyn- en deli-proeë, kindervermaak, rusareas en nou ook aandvertonings by die Huisgenoot-verhoog. Die musiek hier begin om 16:00 en indien jy nie die hele dag in die Rivierbuurt kan rondsnuffel en kuier nie, verseker jou sitplek in die Golden Circle vir uitgesoekte aande teen ’n addisionele R80 (’n Golden Circle-kaartjie, gee nie toegang tot die Rivierbuurt nie).

JUANITA, BOK EN VRIENDE

Met Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Refentse, Jo Black, The Black Ties en Elandré Schwartz Musiekregie: Jaconell Mouton
Juanita du Plessis is vir die eerste keer in sewe jaar terug by die KKNK. Saam met Bok van Blerk wat in 2016 sy tiende jaar in die musiekbedryf gevier het, The Black Ties en nuwelinge, Jo Black, Elandré Schwartz en dubbelplatinumverkoper
Refentse, sorg hulle vir ’n heerlike kuieraand onder die Klein Karoo-sterre.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
Golden Circle: R80 (sluit nie toegang tot Rivierbuurt in nie) | 180 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
8 April | 17:30

bok
kknk-2017-web-huisgenoot-musiekplaas-theuns-jordaan-en-drvictor

THEUNS JORDAAN EN DR. VICTOR

Met Theuns Jordaan en Dr. Victor & The Rasta Rebels
Theuns Jordaan en Dr. Victor & The Rasta Rebels, wat onlangs hul nuwe enkelsnit uitgereik het, is terug by die KKNK. Dié kunstenaars, wat saam by Afrikaans is Groot in 2012 opgetree het, sorg vir ’n onvergeetlike aand.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
| Golden Circle: R80 (sluit nie toegang tot Rivierbuurt in nie) | 120 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
9 April | 18:30

NICHOLIS, ELIZMA,THE ROCKETS EN BRENDAN

Met The Rockets, Nicholis Louw, Elizma Theron en Brendan Peyper
Nicholis Louw en Elizma Theron is deel van die groep 4Werke wat onlangs hul nuwe album, 4Warm uitgereik het. Brendan Peyper, wie se album onlangs goue status bereik het, en The Rockets is ook op die verhoog.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
150 min. | Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
10 April | 18:00

dudes-on-the-beach
KKNK-2017-web-Huisgenoot-Musiekplaas-Emo-Kurt-Karin-en-Robin (1)

EMO, KURT, KARIN EN ROBIN

Met Emo Adams, Kurt Darren, Karin Kortjé en Robin Peters
Die Jou Show-aanbieder Emo Adams, Kurt Darren wat onlangs sy jongste album, Sal jy met my dans uitgereik het, Karin Kortjé en die The Voice-deelnemer Robin Pieters is op die verhoog vir ’n onvergeetlike aand in die Rivierbuurt.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
120 min. | Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
11 April | 18:30

BOBBY EN RHEMA

Met Bobby van Jaarsveld en Rhema Varrie
Die Voice South Africa-mentor, Bobby van Jaarsveld en die Idols SA-wenner, Rhema Varrie sorg vir ’n aand wat jy beslis nie kan misloop nie. Beleef hierdie vertoning saam met ons in die Rivierbuurt.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
120 min. | Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
12 April | 18:30

KKNK-2017-web-Huisgenoot-Musiekplaas-Bobby-en-Rhema (1)
KKNK-2017-web-Huisgenoot-Musiekplaas-Rymklets-van-Oos-tot-Wes (1)

RYMKLETS VAN OOS TOT WES

Met Early B, Die Salwing (HemelBesem, Yoma en Linkris), Jerome Rex, RenoKarooKing, Die Hooflig, Japsnoet en DJ Hearing Aid
Beleef hip-hop in die Klein Karoo met van ons land se voorste kunstenaars en die wenners van die Oudtshoorn hip-hop-pryse. Dit is die vyfde keer dat Rymklets van Oos tot Wes by die KKNK aangebied word en beloof om jou n ander persepsie te gee oor dié kunsvorm en die kultuur van hip-hop in Suid-Afrika.
Afrikaans en Engels | Gesin Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
120 min. | Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
13 April | 18:30

KYKNET JUKEBOX

Met Pieter Koen, BlackByrd, Refentse, Jay, Leah en Willem Botha Musiekregie: Jaconell Mouton
Die gewilde kykNET-program, Jukebox, kom na die KKNK. Beleef ’n aand vol heerlike musiek deur jou gasheer, Pieter Koen, wat onlangs sy nuwe album vrygestel het. Die groep BlackByrd, Refentse, Jay, die borrelende Leah en Willem Botha sluit by hom aan.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
Golden Circle: R80 (sluit nie toegang tot Rivierbuurt in nie) | 120 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
14 April | 18:30

botha
kknk-2017-web-huisgenoot-musiekplaas-kleurvol-2

KLEURVOL

Met’n keur van vars nuwe talent Regie: Nico Scheepers Musiekregie: Jaconell Mouton Mentors: Bouwer Bosch en Leandie du Randt Bosch
Jong kunstenaars kry die geleentheid om onder mentorskap van Bouwer Bosch en Leandie du Randt Bosch hulle talente ten toon te stel in dié afsluitingskonsert vir KKNK23. Die bekende regisseur en Fiësta-wenner, Nico Scheepers behartig die aand se regie.
Afrikaans en Engels | Gesin | Ingesluit by Rivierbuurtkaartjie
Golden Circle: R80 (sluit nie toegang tot Rivierbuurt in nie) | 90 min. Huisgenoot-verhoog, Rivierbuurt
15 April | 18:30

KKNK-2017-Beleef-Dit-web-button-PDF-program-Huisgenoot

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?