Hond

kknk-2017-beleef-dit-web-images-1000x500-hond

Drama

Met Frank Opperman Teks: Dana Snyman Regie: Gerrit Schoonhoven Produksiehuis: Let’s Be Frank Productions

’n Hond is ’n man se beste vriend, veral wanneer daardie man se huwelik maar wankelrig is en dit beslis nie sy vrou is wat hom by wyse van spreke stertswaaiend by die huis inwag nie. Maar wat gebeur as die hond besig is om oud en siek te word? Moet hy uitgesit word en net so belangrik, wanneer presies? Hoe neem ’n man afskeid van sy beste vriend? Dié stuk is ’n bietjie hartseer en ’n bietjie snaaks, nes die lewe self. Hond is spesiaal deur Dana Snyman vir die Fiësta-bekroonde Frank Opperman geskryf en beloof soos Die uwe, Pottie Potgieter, Rooikaart en Die klaagliedere van ds. Tienie Benade teater uit die boonste rakke.

Afrikaans • Geen o/13 | T |R125 | 65 min. | Laerskool Van Reedesaal

12 April 09:00 | 13 April 13:00 | 14 April 13:00 | 15 April 13:00

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?