HANNES COETZEE – KUNSTE ONBEPERK VEREERDE

KKNK-2018-web-images-Vereerdes-1000x500-Hannes

Kunste Onbeperk – Kruispunt

Hannes Coetzee is ’n ikoniese Suid-Afrikaanse kitaarspeler afkomstig van Herbertsdale in die Klein Karoo-streek. Hy het sy eiesoortige manier van kitaarspel ontwikkel in die veld, waar hy as aalwyntapper gewerk het. Coetzee se kitaarspelstyl word “optel en knyp” genoem, verwysend na die manier hoe die snare deur die vingers opgetel en geknyp word. Met sy unieke kitaarspel het hy bekendheid verwerf in David Kramer se Karoo Kitaar Blues. Hy het nasionaal en internasionaal groot aandag getrek met sy teelepel wat hy gebruik om sy rou Karoo-klanke te maak. Hy het sy eie tegnieke ontwikkel vir die skep van sy klanke deur die teelepel in sy mond vas te byt, terwyl hy die begeleiding met die teelepel doen. Met dié tegniek word Coetzee as een van die mees ongewone kitaarspelers in die wêreld beskou. Hy skryf ook sy eie liedjies. Talle daarvan is al in advertensies gebruik. Buiten dat hy by plaaslike feeste optree, was hy al genooi na die Port Townsend Slide and Steel Experience in Washington, VSA. Ten spyte van baie pogings deur talle kon niemand nog die unieke lepel-in-die-mond-tegniek raakvat soos die oorspronklike Hannes Coetzee nie. Coetzee is vanjaar in die musiekproduksie Lepeltjie vol snare te sien.

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2018 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?