Guptas wou ook ANC-tesourie kaap – Phosa

In ’n artikel op 9 April Netwerk24 word gefokus op die omstrede Gupta-familie wat een van die besprekingspunte tydens die Die Burger se Praat Saam-gespreksreeks op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn.

Die omstrede Gupta-familie het selfs probeer om die ANC se tesourie te kaap, het dr. Mathews Phosa, voormalige tesourier-generaal van dié party, Sondag onthul.

Hy het die Guptas se aanslag afgeweer, het Phosa op Die Burger se Praat Saam-gespreksreeks op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn gesê.

Phosa het gesê hy sal meer oor dié skandaal onthul in ’n boek wat hy oor Suid-Afrika se moderne geskiedenis skryf. Hy sal ’n hoofstuk daarin aan die Guptas afstaan.

“Die Guptas steel van ons land en moet die volgende vlug neem en padgee,” het Phosa gesê.

Lees meer

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?