GROTER OUDTSHOORNMUNISIPALITEIT

KKNK-2017-sponsors-web-Borgeboodskappe-fotos-250x250-OudMun

Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit verwelkom die 23ste KKNK. Namens alle inwoners van die Groter Oudtshoornmunisipaliteit, hartlik welkom aan al die deelnemers en feesgangers by die 23ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Ons is trots daarop om met een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstefeeste geassosieer te word. Ons visie is om te strewe om die beste te wees met die waardering vir en die behoud van die kunste, kultuur en sport – nie net in die Wes-Kaap nie, maar in die hele land. Ons is trots om te sê die KKNK doen geweldig baie in die bevordering van dié visie. Die fees speel ook ’n wesentlike rol om die ekonomie in die Klein Karoo ’n hupstoot te gee, en sodoende die regering by te staan om armoede te beveg. Oudtshoorn is sinoniem met toerisme, sport, kunste en kultuur. Ons moedig dus besoekers aan om die verskeidenheid van toeristebestemmings te verken en om elke oomblik in die Klein Karoo ’n onvergeetlike belewenis te maak. Ons ondersteuning van die KKNK staan sterk en ons wil ook al die ander borge en vennote bedank wat deel is van die fees. Oudtshoorn is ’n vriendelike dorp en ons maak staat op ons inwoners om die besoekers met gasvryheid te ontvang. Geniet die KKNK en Beleef Dit!

Colan Sylvester
Uitvoerende burgemeester: Groter Oudtshoorn-munisipaliteit

CONTACT US

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Sending

© 2017 KKNK. Alle Regte Voorbehou. Digitale Projekbestuur deur Lumico

Log in with your credentials

Forgot your details?